Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Lance Stroll van Kanada bestuur sy renmotor tydens ʼn oefensessie by die Belgiese Formule Een Grand Prix in Spa-Francorchamps, België. (Foto: Geert Vanden Wijngaert)

Deelnemers ry perd aan die kus van die Miura-strand in Miura, suid van Tokio, in Japan. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Ongeveer 1 000 soldate is ontplooi om te help met hulpverleningspogings nadat die verwoestende tifoon Hato Macau in die suide van China Woensdag getref het. (Foto: Cheong Kam Ka, Xinhua)

Polisiebeamptes loop buite ʼn klaskamer waar ʼn 18-jarige manstudent ʼn dosent en drie medestudente met ʼn bofbalkolf aangeval het. Die voorval het plaasgevind by die Australiese Nasionale Universiteit in Canberra. (Foto: Justin Qian, Xinhua)

Bulgaarse matrose berei voor vir die verwelkomingseremonie vir pres. Emmanuel Macron van Frankryk by die Euxinograd-paleis in Varna, Bulgarye. (Foto: Vadim Ghirda, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.