Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Dinsdag gesê die wêreldwye toerismebedryf is verwoes weens die Covid-19-pandemie.

Volgens Guterres is byna $320 miljard in uitvoere in die eerste vyf maande van die jaar verbeur terwyl meer as 120 miljoen werksgeleenthede in gevaar is.

Leë strate in Chinatown in Yokohama naby Tokio. (Foto: Koji Sasahara/File, AP)

Kabelkarre op die strandfrontpromenade in Santa Cruz in Kalifornië is verlate terwyl die koronaviruspandemie voortduur. (Foto: Jeff Chiu/File, AP)

Vissersbote wat veronderstel is om toeriste te vervoer lê op ʼn verlate strand op die gewilde toeriste-eiland Koh Phangan in Thailand. (Foto: Adam Schreck/File, AP)

ʼn Passasierskip lê in die hawe van die Japanse stad Yokohama. (Foto: Koji Sasahara, AP)

Soldate ontsmet die area om die gewilde Christus die Verlosser-standbeeld in Rio de Janeiro in Brasilië. (Foto: Silvia Izquierdo/File, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.