Die wêreld in foto’s – 25 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kunswerk word verkoop by die kunswinkel van die Shedia-tydskrif in Athene, Griekeland. Die Shedia-tydskrif word eksklusief op die strate van Athene en Thessaloniki verkoop deur behoeftige mense wat onder die broodlyn leef. Hierdeur kry dié mense ’n tweede kans om hulle lewe oor te begin deur aktief in die samelewing betrokke te wees en só ook weer selfvertroue op te bou. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

Werkers plaas blomme buitekant die Opera Huis voor die begin van die beraad tussen Noord-Korea en die VSA in Hanoi, Viëtnam. Die tweede beraad tussen die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, sal op 27 en 28 Februarie in Hanoi plaasvind. (Foto: Vincent Yu, AP)

Mark Ronson (links), Anthony Rossomando, Lady Gaga en Andrew Wyatt woon die Goewerneursbal by ná hulle Sondag ’n toekenning by die Oscars verower het. Hulle het die toekenning ontvang vir die beste liedjie vir visuele media vir Lady Gaga en Bradley Cooper se liedjie “Shallow” in die film A Star is Born. (Foto: Eric Jamison, AP)

Brittanje se prins Harry en sy vrou, Meghan, vertoef ’n rukkie om perde in hul stalle te streel gedurende ’n besoek aan die Marokkaanse Koninklike Federasie van Ruitersport in Rabat, Marokko. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Kasjmirse kinders speel krieket op ’n sonnige dag in Srinagar, Indië. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.