Die wêreld in foto’s – 25 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Donald Trump, die Amerikaanse president, inspekteer ʼn erewag tydens ʼn seremoniële onthaal in Rashtrapati Bhavan, die Indiese presidensiële paleis in Nieu-Delhi, Indië. (Foto: Alex Brandon, AP)

Die Olimpiese ringe weerkaats in die venster van ʼn hotel terwyl ʼn gemaskerde kelner aan die werk is in dié hotel se restaurant in Odaiba, Tokio werk. (Foto: Jae C Hong, AP)

ʼn Vrou loop in ʼn oorstroomde woonbuurt in Djakarta, Indonesië. Reën oornag het daartoe gelei dat riviere oorstroom het waarna modderige water na woon- en sakegebiede gestroom het. (Foto: Tatan Syuflana, AP)

Mense wat lojaal is jeens die Houthi-rebelle skree slagspreuke tydens ʼn byeenkoms daarop gemik om meer vegters vir die Houthi-beweging in Sanaa, Jemen, te mobiliseer. (Foto: Hani Mohammed, AP)

ʼn Betoger met die Palestynse nasionale vlag voor die Israelse weermag tydens ʼn betoging teen pres. Donald Trump se Midde-Ooste-inisiatief in die Jordaanvallei in die Wesoewer. (Foto: Majdi Mohammed, AP).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Maria

Mens besef weereens hoe problematies die Midde Ooste nog altyd was