Die wêreld in foto’s – 25 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kunstenaars lewer ’n uitvoering in ’n winkelsentrum by Potsdamer Platz in Berlyn, Duitsland. “Happy Chinese New Year” is ’n reeks Chinese kultuurvieringe wat Donderdag in Berlyn se middestad gaan afskop. (Foto: Shan Yuqi, Xinhua)

Die Plitvice-mere Nasionale Park in die sentrale gebied van Kroasië is bedek met sneeu. Die nasionale park wat in 1979 op Unesco se Wêrelderfenislys geplaas is, bedek ’n area van byna 300 km² en is bekend vir die natuurskone ketting van 16 mere wat met watervalle verbind word. (Foto: Stedul Fabac, Xinhua)

Sjina se Zhang Shuai (regs) en Australië se Samantha Stosur omhels mekaar ná hul oorwinning in die dubbelsfinaal teen Frankryk se Kristina Mladenovic en Hongarye se Timea Babos tydens die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne, Australië. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Akari Nakahara voer haar vrouekortprogram uit by die Amerikaanse Sierskaatskampioenskaptoernooi. (Foto: Paul Sancya, AP)

Minnesota Timberwolves se Andrew Wiggins (links) teken punte aan terwyl Los Angeles se Sviatoslav Mykhailiuk hom verdedig gedurende die eerste helfte van die NBA-basketbalwedstryd. (Foto: Mark J Terrill, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.