Die wêreld in foto’s – 25 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Brandbestyder hou ʼn veldbrand dop naby die Placenta Canyon-pad in Santa Clarita, Kalifornië. Duisende gesinne is Sondag uit hul huise ontruim, nadat twee enorme wegholbrande in Kalifornië se kurkdroë heuwels en klowe gewoed het. Foto: AP Photo/Ringo H.W. Chiu/wire.africannewsagency.com

Spesiaal opgeleide polisiebeamptes stel ondersoek in by die toneel waar ʼn ontploffing in Ansbach, Duitsland, plaasgevind het. Volgens Beiere se hoofsekuriteitsbeampte het ʼn man homself opgeblaas nadat hy van ʼn opelug-musiekfees weggewys is. Die man, ’n 27-jarige Siriese vlugteling, is reeds voor die voorval asiel geweier. Foto: Friebe/dpa via AP/wire.africannewsagency.com

Julien Maio (links) en Rosy Pancasari van die Universiteit van Straatsburg in Frankyk vertoon hul goue medaljes tydens die medaljeseremonie vir pluimbal (gemengde dubbelspel) by die Europese Universiteitspele in Zagreb, Kroasië. Maio en Pancasari het die goue medalje 2-0 verower. Foto: Xinhua/Miso Lisanin/wire.africannewsagency.com

Musikante sweef deur die lug tydens die Olimpiese fakkel-aflosvertoning in Sao Paulo, Brasilië. Die drie maande lange fakkel-aflos oor Brasilië sal op 5 Augustus tot ʼn einde kom, tydens die Olimpiese openingseremonie in Rio de Janeiro se Maracanã-stadion. Foto: AP Photo/Andre Penner/wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou van die dorpie Tiga Pancur bekyk die Berg Sinabung-vulkaan, nadat dit in die distrik Karo in Noord-Sumatra, Indonesië, uitgebars het. Die vulkaan se aktiwiteit het nog nie beduidend verander nie. Verskeie kleiner uitbarstings het die afgelope paar dae plaasgevind, met as wat meer as 1 000 m hoog die lug in geskiet is. Foto: Xinhua/YT Haryono/wire.africannewsagency.com

ʼn Man met ʼn skedelmasker dans tydens ʼn optog teen Pensioenfonds-administrateurs in Santiago, Chili. Betogers dring aan dat die pensioenstelsel weens lae uitbetalings gesluit moet word. Optogte is in verskeie Chileense stede gehou. Foto: AP Photo/Esteban Felix/wire.africannewsagency.com

Cody Peterson van Yoder, Colorado, maak met die grond kennis tydens die eerste dag van die Cheyenne Frontier Days Rodeo, by die Frontier Park-stadion in Cheyenne, Wyoming. Foto: Blaine McCartney/Wyoming Tribune Eagle via AP/wire.africannewsagency.com

Dave Hemingway (middel) lig sy trofee by die kroeg Sloppy Joe’s in Key West, Florida, nadat hy die 2016 Ernest “Papa” Hemingway Ewebeeld-kompetisie gewen het. Die kompetisie word as die hoogtepunt van Key West se jaarlikse Hemingway-fees beskou. Die beroemde joernalis en skrywer het tydens die 1930’s in die stad gewoon. Dave Hemingway (geen verwantskap met die skrywer) van Macon, Noord-Carolina, het ná sy sewende poging die gesogte titel gewen. Foto: Rob O’Neal/Florida Keys News Bureau via AP/wire.africannewsagency.com

Mense gly by ʼn reusewaterglybaan af in ʼn poging om aan die somerhitte te ontsnap in Madrid, Spanje. Foto: AP Photo/Francisco Seco/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.