Die wêreld in foto’s – 25 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Besoekers word toegelaat by die Trevi-fontein in Rome. Die munisipaliteit het besluit om die toegang te beperk tydens ‘n toetslopie van 80 dae om onbehoorlike gedrag te probeer verhoed en te voorkom dat te veel mense by die fontein saamdrom. (Gregorio Borgia, AP)

‘n Brand woed naby La Croix-Valmer in die suide van Frankryk. Honderde brandbestryders help om die vlamme te blus wat deur sterk winde aangevuur word (Claude Paris, AP)

Kersvaders van reg oor die wêreld swem in die see by Klampenborg in Denemarke. Die Kersvaders is by die jaarlikse Kersvaderkongres wat vanjaar vir die 16de keer plaasvind. (Tobias Nicolai/Ritzau, AP)

‘n Verpleegster van Mianmar dra ‘n masker om haarself teen die H1N1-virus (varkgriep) te beskerm. Drie mense is onlangs dood en 13 mense gediagnoseer met die virus (Aung Shine Oo, AP)

Werkers is besig om ‘n winkel skoon te maak ná ʼn selfmoordbomaanval in Kaboel, Afghanistan. Minstens 35 mense is dood en 42 beseer in die aanval. (Rahmat Alizadah, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.