Die wêreld in foto’s – 25 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Brandbestryder neem ʼn blaaskans in Mati, ʼn kusdorp oos van Athene in Griekeland. Die soektog na slagoffers word Woensdag aan Attika se oostelike kus voortgesit nadat daar teen Dinsdagmiddag altesaam 74 sterftes in die verwoestende brande naby Athene aangeteken is, het die Griekse nasionale nuusagentskap AMNA berig. (Foto: Lefteris Partsalis, Xinhua)

ʼn Vrou wag met haar baba by ʼn skuiling in die dorp Paksong, Champasak-provinsie in Laos. Reddingswerkers soek na vermiste inwoners nadat ʼn damwal in suidoostelike Laos gebreek en die omliggende gebied oorstroom het. Minstens 19 mense is dood. (Foto: Hau Dinh, AP)

ʼn Model dra ʼn skepping deur die Finse ontwerper Mai Niemi tydens die 2018-Helsinki-modeweek in Helsinki, Finland. (Foto: Sergei Stepanov, Xinhua)

ʼn Indiese vroue-arbeider maak bakstene bymekaar by ʼn bouperseel in Noida, Indië. (Foto: R S Iyer, AP)

Alberto Barbera, die direkteur van die Venesië-filmfees en die Venesiese Biënnale-president, Paolo Baratta, poseer Woensdag vir fotograwe by die amptelike aanbieding van die 75ste Venesië-filmfees in Rome. Dié fees word van 29 Augustus tot 8 September vanjaar by die Venesië Lido aangebied. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.