Die wêreld in foto’s – 25 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die ysbeer Nanook spring in die water by die dieretuin in Gelsenkirchen, Duitsland. ʼn Hittegolf beweeg oor die land met temperature wat tot 40 grade Celsius kan styg. (Foto: Roland Weihrauch, AP)

Uganda se president, Yoweri Museveni (tweede van regs), en China se president, Xi Jinping (tweede van links), ontmoet by die Great Hall of the People in Beijing. (Foto: Nicolas Asfouri, AP)

Palestyne loop langs winkels wat gesluit is in die stad Gasa tydens ʼn algemene staking teen die ekonomiese konferensie in Bahrain wat die Trump administrasie se plan vir vrede in die Midde-Ooste van stapel sal stuur. (Foto: Khalil Hamra, AP)

ʼn Foto wat Caesars Palace in Las Vegas uitbeeld. Eldorado Resorts het Maandag aangekondig dat dit Caesars in ʼn kontant-en-aandele-transaksie ter waarde van $17,3 miljard gaan koop. (Foto: L.E. Baskow, AP)

Papawers en wilde blomme omring die Whitburn Windmill naby Sunderland, Engeland. Die onlangse wind en reën is besig om op te klaar. Warm weer word verwag vir die somer wat voorlê. (Foto: Owen Humphreys, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.