Die wêreld in foto’s – 25 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het Corey Cappelloni vanaf Washington, D.C., tot in Scranton in Pennsylvania gehardloop om sy bejaarde ouma in ʼn versorgingseenheid te besoek. Ná 350 km se hardloop en sewe ultramaratons in sy sakkie, het Cappelloni meer as R400 000 vir bejaardes in isolasie ingesamel.

Só lyk Cappelloni se 350 km-maraton na sy 98-jarige ouma in Scranton, VSA.

Corey Cappelloni hardloop deur Wyoming tydens sy sewende ultramaraton in sewe dae. (Foto: Jessie Wardarski, AP)

Cappelloni drink water tydens sy maraton na Scranton. (Foto: Jessie Wardarski, AP)

Personeel van die versorgingsoord waar Corey Cappelloni se ouma, Ruth Adres, woon vier Cappelloni se aankoms. (Foto: Jessie Wardarski, AP)

Cappelloni bedank die personeel van die versorgingsentrum waar sy 98-jarige ouma ʼn inwoner is. (Foto: Jessie Wardarski, AP)

Corey Cappelloni en sy vriendin, Susan Kamenar, praat met sy ouma wat in isolasie is in haar slaapkamer op die vierde verdieping van ʼn versorgingsoord in Scranton. (Foto: Jessie Wardarski, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.