Die wêreld in foto’s – 25 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pous Franciskus lewer sy rede tydens sy besoek aan die Campidoglio op die Kapitolynse heuwel in Rome. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

’n Helikopter maak gereed om ʼn brand te blus by die Diqlas-mark in Baku, Azerbeidjan. Die oorsaak van die brand is nog nie bevestig nie. (Foto: Aziz Karimov, AP)

’n EU-vlag voor die Europese parlementsgebou in Straatsburg, Frankryk. Die Europese parlement het Dinsdag ʼn laaste keer ’n vurige debat gevoer oor die voor- en nadele van ʼn waterskeidingswetsontwerp oor kopiereg voordat die wetgewer later daaroor sal stem. (Foto: Jean-Francois Badias, AP)

’n Ontploffing wat deur Israeliese lugaanvalle veroorsaak is kan in die stad Gasa gesien word. Israelse magte het Maandag teikens reg oor die Gasastrook getref in reaksie op ʼn vuurpylaanval vroeër vanuit Palestynse grondgebied. (Foto: Adel Hana, AP)

Tatjana Maria van Duitsland slaan die bal terug na Marketa Vondrousova van die Tsjeggiese Republiek tydens die Miami Ope-tennistoernooi in Miami Gardens, Florida. Vondrousova het ʼn oorwinning van 6-4, 6-3 behaal. (Foto: Luis M. Alvarez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.