Die wêreld in foto’s – 25 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Veearts hou ’n tweejarige orangoetang vas tydens ’n perskonferensie in Bali, Indonesië. Volgens ’n bewaringsbeampte het die Indonesiese owerhede ’n Russiese toeris in hegtenis geneem wat probeer het om ’n bedwelmde orangoetang uit die Bali te smokkel. Orangoetangs word deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring gelys as ʼn bedreigde spesie. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

’n Ma en haar dogter loop weg van die Rivne-streekskinderhospitaal in Rivne, Oekraïne. Terwyl Oekraïners hulself voorberei om op 31 Maart na die stembusse te gaan vir die presidensiële verkiesing, het miljoene burgers van dié land reeds met die voete gestem deur die land, oënskynlik vasgeval in korrupsie, armoede en konflik, te verlaat. (Foto: Mstyslav Chernov, AP)

Skoene in ’n motor naby ’n huis in Mishmeret, ʼn sentrale gebied in Israel, wat deur ’n vuurpyl getref is. ’n Vuurpyl wat in die vroeë oggendure in die Gasa-strook afgevuur is, het ’n huis in sentraal-Israel getref. ’n Israeliese reddingsdiens het gesê talle mense is in hierdie jongste voorval van geweld gewond, kort voor die Israelse verkiesing. (Foto: Ariel Schalit, AP)

In dié skermskoot wat van ’n video geneem is, word ’n boom ontwortel in Port Hedland, Wes-Australië. Die geweld waarmee sikloon Veronica die noordwestelike gebiede van Australië geteister het, het vandag begin afneem. (Foto: The Australian Broadcasting Corp, AP)

Die son sak oor die hoofpawiljoen tydens die derde rondte van die Miami Ope-tennistoernooi in die Hard Rock-stadion in Miami Gardens, Florida. (Foto: Jim Rassol, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.