Die wêreld in foto’s – 25 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Donald Trump van die VSA word Donderdag verwelkom deur Donald Tusk, president van die Europese Raad, by dié liggaam se hoofkantoor in Brussel, die Belgiese hoofstad. Foto: Ye Pingfan, Xinhua

Akina en Lenya, ʼn tiertweeling wat einde Februarie gebore is, speel in hul hok in die Leipzig-dieretuin in Duitsland. Foto: Sebastian Willnow, AP

Pres. Wladimir Poetin van Rusland Donderdag by die Sretensky-klooster in gesprek met ʼn kerklike wat deelneem aan die inwyding van ʼn nuwe tempel in Moskou. Foto: Sergei Karpukhin, AP

ʼn Minuut van stilte is Donderdag in die Britse stad Manchester gehou ná die selfmoordbomaanval in dié stad waarin meer as 20 mense dood en talle beseer is. Die aanval het Maandagaand ná ʼn konsert van Ariana Grande plaasgevind. Foto: Emilio Morenatti, AP

Italiaanse soldate patrolleer ʼn strand by Giardini Naxos in die suide van Italië kort voor die G7-beraad wat op 26 en 27 Mei in Taormina plaasvind. Dit is vier staatshoofde – pres. Donald Trump van die VSA, pres. Emmanuel Macron van Frankryk, Theresa May, die Britse premier, en Paolo Gentiloni, die Italiaanse premier – se eerste G7-beraad. Foto: Luca Bruno, AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, ek klink seker soos ‘n eensnaar kitaar omdat ek altyd skryf en se hoe baie ek julle “Wereld in Foto’s” geniet. Dankie daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.