Die wêreld in foto’s – 25 Mei 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Winston Peters, die Nieu-Seelandse minister van buitelandse sake, ontmoet Vrydag met die Chinese minister van buitelandse sake, Wang Yi, in Beijing. (Foto: Thomas Peter, AP)

’n Man daag Vrydag op by die Knock- nasionale skool om in die Ierse referendum te stem. Dié referendum het te doen met die agste bepaling van die Ierse Grondwet, en die uitslag daarvan kan lei tot ’n minder streng verbod op aborsies. (Foto: Peter Morrison, AP)

Die son kom Vrydag op agter ’n boom in Brake, Duitsland. (Foto: Mohssen Assanimoghaddam, AP)

’n Baba-witkop-mantelaap (Cebus capucinus) word deur sy versorger vasgehou by die Debrecen-dieretuin, oos van Boedapest in Hongarye. Dié apie is twee weke gelede gebore, maar sy geslag kon nog nie bepaal word nie. (Foto: Attila Balazs, AP)

Ayaka Takahashi (links), en Misaki Matsutomo van Japan slaan die bal terug na Baek Ha Na en Lee Yu Rim van Suid-Korea in die vrouehalfeindstryd van die Thomas & Uber-beker in Bangkok, Thailand. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.