Die wêreld in foto’s – 25 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Italianers het ná meer as twee maande van landwye afsondering die strate ingevaar nadat beperkings verslap is.

Só geniet Italianers hul vryheid.

Die plein voor Milaan se Duomo- gotiese katedraal is weer bedrywig nadat die regulasies rakende die afsonderingstydperk verslap is. (Foto: Claudio Furlan/LaPresse, AP)

Die Vittorio Emanuele-winkelsentrum in Milaan, Italië, is bedrywig sedert die regulasies rakende die landwye afsonderingstydperk verslap is. (Foto: Claudio Furlan/LaPresse, AP)

Mense sit by tafels wat uitkyk op die Duomo- gotiese katedraal in Milaan, Italië. (Foto: Claudio Furlan/LaPresse, AP)

Mense loop al langs die Naviglio Grande-kanaal in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

Twee vroue kuier in die Piazza Navona in Rome, Italië. (Foto: Cecilia Fabiano/LaPresse, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.