Die wêreld in foto’s – 25 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Studente van Harvard en Yale betoog tydens halftyd van die NCAA-voetbalwedstryd tussen dié twee universiteite in die Yale Bowl in New Haven, Connecticut. Volgens owerhede is 42 mense aangekla van wanordelike gedrag nadat dié protes die wedstryd ontwrig het. (Foto: Nic Antaya, AP)

Julian Brandt van die klub Borussia Dortmund in aksie tydens ʼn Duitse Bundesliga-sokkerwedstryd teen SC Paderborn in Dortmund, Duitsland. (Foto: David Inderlied, AP)

Mense staan onder ʼn sambreel en toekyk hoe die watervlak van die Po-rivier in die Murazzi-gebied van Turyn, Noord-Italië, besig is om te styg. Dié gebied het die afgelope tyd swaar reën gehad wat tot heelwat oorstromings gelei het. (Foto: Alessandro Di Marco, AP)

ʼn Robot genaamd Gita staan voor die waterfront-park in Boston in die VSA. Piaggio, ʼn Italiaanse motorvervaardiger, het dié robot vervaardig om sy eienaar se kruideniersware en ander items rond te karwei. (Foto: Matt O’Brien, AP)

2019, in Tokyo. (AP Photo/Eugene Hoshiko);
Pous Franciskus besig om die heilige mis te vier in die Tokio-koepel in dié Japanse stad. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.