Die wêreld in foto’s – 25 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Honderde pasiënte ontvang Dinsdag mediese sorg nadat ʼn brand uitgebreek het in ʼn hospitaal in Johor Bahru in Maleisië. Ses pasiënte is in die brand dood. Foto: Xinhua

wêreld-foto

Brandbestryders Dinsdag besig om vure te blus nadat ʼn bom in Antalya in Turkye ontplof het. Volgens plaaslike nuusagentskappe is ongeveer tien mense beseer. Foto: Mert Macit, Xinhua

wêreld-foto

Twee vlugtelinge in die sogenaamde oerwoud-kamp naby Calais in die noorde van Frankryk deel ʼn waterbottel terwyl hulle wag om te registreer in dié vlugtelingekamp. Frankryk het Maandag begin met die ontruiming van dié kamp. Duisende mense wat gevlug het voor oorlog en armoede leef in haglike omstandighede in dié kamp. Foto: Matt Dunham, AP

wêreld-foto

Maria (middel), ʼn dogtertjie van Rawalpindi in Pakistan, kort voor haar groot operasie in die VSA. Dié sesjarige ly aan Morquio se sindroom en het op die nippertjie ʼn visum van die Amerikaanse ambassade in Islamabad ontvang om ʼn operasie in die VSA te ondergaan – nadat haar ouers hulle tot die media gewend het. Foto: B.K. Bangash, AP

wêreld-foto

Zhengzhou, die Chinese stad in dié land se Henan-provinsie, Dinsdag bedek met ʼn dik mislaag. Foto: Feng Lei, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.