Die wêreld in foto’s – 25 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Meghan, die hertogin van Sussex, Donderdag tydens ʼn staatsete in Nuku’alofa, Tonga. Prins Harry en sy vrou, Meghan, is op ’n besoek van 16 dae aan Australië en die eilande in die Suidelike Stille Oseaan. (Foto: Paul Edwards, AP)

Toeriste sit Donderdag en neem foto’s buite die koninklike paleis in Madrid, Spanje. (Foto: Paul White, AP)

’n Personeellid sit skouer aan die wiel by ʼn porseleinwerkswinkel in Dehua in die Fujian-provinsie in die suidooste van China. Dehua is ʼn belangrike produksiebasis van porseleinprodukte in China. (Foto: Wei Peiquan, Xinhua)

Pous Franciskus woon Donderdag ’n mis by in St. Petrus-basiliek in die Vatikaanstad. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Elina Svitolina van die Oekraïne Donderdag in aksie teen Caroline Wozniacki van Denemarke tydens die WTA-tenniseindstryd in Singapoer. (Foto: Vincent Thian, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.