Die wêreld in foto’s – 25 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Betoger trap Dinsdag op ʼn foto van John Lee, die Hongkongse veiligheidshoof, tydens ʼn optog buite die polisie se hoofkantoor in dié stad. Owerhede in Hongkong het in ʼn ongekende stap teen separatistiese stemme ʼn politieke party wat die onafhanklikheid van die suidelike Chinese gebied op nasionale veiligheidsgronde steun, verbied. Lee het Maandag aangekondig dat die Hongkong- nasionale party se werksaamhede beperk sal word. (Foto: Vincent Yu, AP)

Thomas Bjorn, die Europese spankaptein, glimlag Dinsdag saam met sy spanlede kwansuis vir ’n selfie ná die neem van die Europese Ryder Cup-spanfoto by die Le Golf National-gholfbaan in Guyancourt buite Parys, Frankryk. Die 42ste Ryder Cup word van 28 September op dié gholfbaan aangebied. (Foto: Matt Dunham, AP)

Soldate maak reg vir die aankoms van pous Franciskus by die Kadriorg-paleis in Tallinn, Estland. Die pous het Dinsdag in Estland aangekom vir ʼn eendaagse besoek. (Foto: Mindaugas Kulbis, AP)

Lucinda Brand van Nederland neem Dinsdag deel aan die Wêreldpadfiets-kampioenskap in Innsbruck, Oostenryk. (Foto: Kerstin Joensson, AP)

Kardinaal Reinhard Marx, hoof van die Duitse biskop-konferensie, is Dinsdag in gedagte tydens ʼn mediakonferensie oor ʼn verslag oor die seksuele misbruik van minderjariges in die Duitse Rooms-Katolieke Kerk in Fulda, Sentraal-Duitsland. (Foto: Arne Dedert, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Sjoe, ek het vir ‘n oomblik gedink daardie berg in Oostenryk is Simonsberg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.