Die wêreld in foto’s – 25 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Paul Goldschmidt van die St. Louis Cardinals in aksie tydens ʼn bofbalwedstryd teen die Arizona Diamondbacks in Phoenix, Arizona. (Foto: Matt York, AP)

ʼn Student swaai ʼn groot vlag, bekend as die Tairyo-ki, in die Kamaishi-gedenkstadion net voor die afskop van die Wêreldbeker-rugbytoernooi se wedstryd tussen Fidji en Uruguay in Kamaishi in die noordooste van Japan. Meer as 1 000 mense van dié klein vissersdorp is dood in die aardbewing en tsoenami in 2011.

Prins Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, met hulle babaseuntjie, Archie, ontmoet emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou, Leah, in Kaapstad op die derde dag van dié koninklike paar se Afrika-toer. (Foto: Henk Kryger, AP)

ʼn Man loop langs ʼn pad wat beskadig is deur die aardbewing in Jatla, naby Mirpur in die noordooste van Pakistan. (Foto: Anjum Naveed, AP)

Greta Thunberg, die Sweedse omgewingsaktivis, by die klimaat-aksieberaad by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York. (Foto: Jason DeCrow, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae