Die wêreld in foto’s – 26 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Aardbewing-oorlewende speel met ʼn hond in ʼn tentedorp wat as tydelike skuiling dien ná die verwoestende aardbewing in Pescara Del Tronto in Italië. Skenkings het begin instroom na Italië wat weereens daarin gefaal het om historiese dorpies en moderne stede te beskerm teen die hoogs seismiese aktiwiteite in daardie gebiede. Foto: AP/Gregorio Borgia

ʼn Man mediteer op ʼn bankie voor ʼn meer in die Lumphini-park in Bangkok, Thailand. Die park is in die hartjie van die sakekern-distrik in Thailand se hoofstad en word gereeld deur drawwers en ander stedelinge, op soek na ʼn stedelike “groen ruimte”, besoek. Foto: AP/Charles Dharapak

Betogers voer ʼn “sterftoneel” op om die toenemende aantal slagoffers van buitegeregtelike moorde in die Filippyne weens die “oorlog op dwelms” uit te beeld. Volgens die polisie is nagenoeg 2 000 mense, meestal vermeende dwelmgebruikers en -smouse, doodgemaak in dwelmverwante voorvalle vandat pres. Rodrigo Duterte 30 Junie 2016 president geword het, en die Filippynse senaat gemaan het om ʼn ondersoek na hierdie moorde van stapel te stuur. Foto: AP/Bullit Marquez

’n Vrou hardloop deur ʼn laning bome in Frankfurt, Duitsland. Foto: AP/Michael Probst

ʼn Lugfoto van die Santa Maria della Misericordia in Accumoli in Italië, waar ʼn aardbewing Woensdag verwoesting gesaai het. Naskokke het nog Vrydag voorgekom. Foto: AP Photo/Localteam

Die nuwe Tunisiese eerste minister, Youssef Chahed, lewer ʼn toespraak by ʼn parlementsitting in Tunisië. Foto: AP Photo/Riadh Dridi

Die Renault-renjaer, Kevin Magnussen van Denemarke, in sy renmotor gedurende die eerste oefensessies by die Belgiese Formule Een Grand Prix-baan in Spa-Francorchamps in België. Foto: AP Photo/Olivier Matthys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wern ·

Die betogers wat so lê moet opstaan en hulle goeie president eer. As jy genade het vir dwelmhandelaars kry jy misdaad en verval. Hou so aan, raak ontslae van die handelaars, beskerm julle samelewing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.