Die wêreld in foto’s – 26 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man loop met sy hond langs strooibale terwyl die son opkom in die buitewyke van Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Nieu-Seeland se William Somerville (tweede van regs) vier die paaltjie van Sri Lanka se Kusal Mendis wat hy geneem het op die vyfde dag van die tweede kriekettoetswedstryd tussen Sri Lanka en Nieu-Seeland in Colombo, Sri Lanka. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Amerika se Serena Williams slaan die bal terug tydens ʼn oefensessie vir die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Sduardo Munoz Alvarez, AP)

Polisiebeamptes vertoon hul wapens tydens ʼn protesoptog in Hongkong. Betogers neem die strate in die Tsuen Wan-distrik op horings, waar polisie vir die eerste keer tydens dié protes watertenks ontbied het. (Foto: Vincent Yu, AP)

Bome word deur die brand in die Alvorada da Amazonia-distrik in Novo Progresso, Brasilië, vernietig. Meer as 41 000 brande is sover vir die jaar in die Amasone-streek opgeteken, met meer as die helfte daarvan net in Augustusmaand. (Foto: Leo Correa, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.