Die wêreld in foto’s – 26 Januarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Tydelik geskorste studente van die Hong kong Baptiste universiteit, Lau Tsz-kei (20), links, en Andrew Chan (22), woon Vrydag ’n optog by dié universiteit by. Studente in die Kantoneessprekende half-outonome Chinese stad betoog nadat dié twee studente tydelik geskors is ná ’n geskil oor ’n verpligte Mandarynse-taaltoets wat nodig is om ‘n graad te verwerf. (Foto: Kin Cheung, AP)

’n Indiese vroue-lugmagbeampte salueer die basis gedurende Indië se Republiekdag-vieringe in Kolkata, Indië. Indië vier die herdenking van dié land se nasionale grondwet. (Foto: Bikas Das, AP)

Ethiopiese ondersteuners vier Vrydag fees gedurende die Standard Chartered Dubai-marathon in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. (Foto: Christopher Pike, AP)

Amerikaanse pres. Donald Trump luister Vrydag aandagtig gedurende ’n vergadering met Rwanda se pres. Paul Kagame by die Wêreld-Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. (Foto: Evan Vucci, AP)

Sjefs dra Vrydag die doodskis van Franse sjef Paul Bocuse gedurende ’n begrafnis by die Saint-Jean-katedraal in Lyon, sentrale Frankryk. Honderde sjefs het die begrafnis van Bocuse, ’n meester-sjef wat langer as ’n halwe eeu die Franse kookkuns vervolmaak het, bygewoon. (Foto: Philippe Desmazes, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Callie ·

Sou wat wou gee om te weet wat Pres Trump daar dink terwyl hy na n Afrika pres moet luister. Ek glo een gedagte was, hoekom luister na iemand wat bedel en tydmors

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.