Die wêreld in foto’s – 26 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Shawn Roser, van Venesië in Florida in die VSA, ʼn student by die Pontifical North American College in Rome, gooi ʼn sneeubal terwyl hy in ʼn sneeubedekte St. Peter’s-plein in die Vatikaanstad speel. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ʼn Man stap vroegoggend in die sneeu verby die antieke Kolosseum in Rome. Inwoners het wakker geword met ʼn ongewone verskynsel van sneeu nadat ʼn arktiese storm ʼn groot gedeelte van Europa getref het. Dié storm het veroorsaak dat skole moes sluit en openbare vervoer opgeskort moes word. (Foto: Alessandro Di Meo, AP)

Katalaanse polisiebeamptes staan ​​wag terwyl besoekers by die Mobile World Congress in Barcelona, ​​Spanje, instap. Dié jaarlikse kongres lok meer as 2 300 uitstallers na dié Spaanse stad, ​​insluitende groot name soos Samsung, Huawei en Nokia. (Foto: Emilio Morenatti, AP)

ʼn Monnik wag vir aalmoese terwyl hy tussen die duiwe by Basantapur Durbar-plein in Katmandu, Nepal, staan. Dié plein is reg voor die koninklike paleis wat ʼn UNESCO-wêrelderfenisgebied is en word gereeld deur toeriste besoek. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

’n Blik op die vergadering wat plaasvind tydens die opening van die hoëvlaksegment van die 37ste sessie van die Menseregteraad in die hoofkantoor van die Verenigde Nasies in Genève, Switserland. (Foto: Salvatore Di Nolfi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.