Die wêreld in foto’s – 26 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Carrie Lam (regs), Hongkong se uitvoerende hoof, poseer vir ’n foto saam met Sergei Lavrov (links), Rusland se minister van buitelandse sake, by die Hongkong-regeringshuis. Lavrov sal twee dae in Hongkong deurbring. (Foto: Hongkong-regeringsinligtingdiens, AP)

Kasjmirse betogers hardloop na veiligheid tydens ’n botsing met Indiese polisiemagte in Srinagar, Indië. Indiese polisiemagte het traangas gebruik om betogers onder hebeer te kry. Daar word betoog oor aanvalle deur Indiese intelligensiebeamptes op separatistiese sleutelfigure. (Foto: Dar Yasin, AP)

Die dorp Kaepoong in Noord-Korea kan gesien word agter ’n Noord-Koreaanse militêre wagpos reg onder die sterrewag in Paju, Suid-Korea. Die tweede beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, sal op 27 en 28 Februarie in Hanoi plaasvind. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Los Angeles se Clippers-voorspeler, Danilo Gallinari (regs), wens die Dallas Mavericks se voorspeler, Dirk Nowitzki, geluk met sy laaste wedstryd wat hy teen die Clippers gaan speel. Hierdie gelukwensing was tydens die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstyd in Los Angeles wat ter ere van Nowitzki gespeel is. (Foto: Alex Gallardo, AP)

Mense vier Koeweit se nasionale dag in dié land se hoofstad, Koeweit. (Foto: Nie Yunpeng, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.