Die wêreld in foto’s – 26 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Voorstander van die People’s Justice Party dra ʼn gesigmasker met die nasionale vlag op buite die nasionale paleis in Kuala Lumpur, Maleisië. Die regerende alliansie van Maleisië het hierdie week in duie gestort nadat die 94-jarige premier, Mahathir Mohamad, bedank het en tientalle wetgewers weggebreek het in ʼn poging om ʼn nuwe regering saam te stel. (Foto: Vincent Thian, AP)

ʼn Tibettaanse man wat in ballingskap is, slaap voor sy optrede by die Tibettaanse Nuwejaarsvieringe in Kathmandu, Nepal. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

Brandweermanne blus ʼn vuur by die Gokul Puri-bandemark in Nieu-Delhi, Indië. Minstens 20 mense is dood sedert konflik tussen Hindoes en Moslems oor ʼn omstrede burgerskapswet drie dae gelede uitgebreek het. (Foto: Manish Swarup, AP)

ʼn Vrou met ʼn masker op loop oor ʼn voetoorgang in Tokio, Japan. Shinzo Abe, premier van Japan, het gevra dat groot sport- of kultuurbyeenkomste vir die volgende twee weke gekanselleer of uitgestel word weens die Covid-19-uitbreking. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ʼn Betoger skop ʼn traangasblik wat die polisie tydens konflik in Karava, Griekeland, gegooi het. Plaaslike owerhede het ʼn 24-uur-protesoptog beplan teen die regering se planne om ʼn nuwe aanhoudingsentrum vir migrante op twee Griekse eilande in die ooste te vestig. (Foto: Michael Varaklas, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.