Die wêreld in foto’s – 26 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Blomme en teddiebere buite Club Blu, ʼn nagklub in Fort Myers in die Amerikaanse deelstaat Florida, waar ʼn noodlottige skietery Maandag plaasgevind het. Volgens die polisie was die skietery nie ʼn terreuraanval nie. Foto: AP Photo/Lynne Sladky/ wire.africannewsagency.com

Uitgebrande voertuie het oorgebly nadat ʼn verwoestende brand deur die Sable-landgoed in Santa Clarita in Kalifornië geswiep het. Die landgoed met geboue in die styl van die Wilde Weste is ʼn gewilde bestemming vir rolprentmakers. Die wegholbrand het die naweek in Kalifornië begin woed en is deur ʼn groot span brandbestryders onder beheer gebring. Foto: AP Photo/Nick Ut/ wire.africannewsagency.com

Bernie Sanders, voormalige presidentskandidaat van die Amerikaanse Demokratiese Party, verlaat die podium ná sy toespraak op die eerste dag van dié party se nasionale konvensie in Philadelphia. Foto: AP Photo/John Locher/wire.africannewsagency.com

Ambulansdienste en brandweermanne buite ʼn sorgsentrum vir gestremdes in die stad Sagamihara in Japan ná ʼn mesaanval Dinsdagoggend in die sentrum. Die dodetal staan op 19 en tientalle is beseer. Foto: Kyodo News via AP/ wire.africannewsagency.com

Palestynse kinders neem deel aan aktiwiteite by ʼn somerkamp wat deur die VN se reddingsorganisasie in Gaza gereël is. Meer as 165 000 geregistreerde vlugtelingkinders woon vanjaar kampe van drie weke op 120 verskillende plekke in die Gaza-strook by. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

Palestynse kinders neem deel aan aktiwiteite by ʼn somerkamp wat deur die VN se reddingsorganisasie in Gasa gereël is. Meer as 165 000 geregistreerde vlugtelingkinders woon vanjaar kampe van drie weke op 120 verskillende plekke in die Gasa-strook by. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

Solar 2, die wêreld se eerste vliegtuig wat volledig deur sonkrag aangedryf word, kort voor landing Dinsdag in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate. Die tuig is net meer as ʼn jaar gelede in Abu Dhabi gelanseer. Foto: AP Photo/Adam Schreck/ wire.africannewsagency.com

Twee werknemers besig om die risiko van geologiese rampe op ʼn helling in die Chinese Three Gorges-streek in Chongqing te beperk. Dié werknemers word die “Spider-Men” van die Three Gorges genoem en versterk gereeld rotswande in die streek. Foto: Xinhua/Liu Chan/ wire.africannewsagency.com

Vroue in tradisionele drag op die eerste dag van die 84ste Guelaguetza-fees in die Mexikaanse stad Oaxaca. Die eerste dag het onder meer ʼn modeparade met tradisionele volksdrag en volksdanse ingesluit. Altesaam 22 afgevaardigdes van die Oaxaca-staat se agt streke het aan danse op dié fees deelgeneem. Foto: Xinhua/Max Nunez/ wire.africannewsagency.com

Dié swartvoetfret is een van 30 wat in die Amerikaanse Rocky Mountain Arsenal-wildpark in Colorado vrygelaat is. Die Amerikaanse vis-en-natuurlewedienste is tans besig met die hervestiging van dié roofdiere, omtrent so groot soos ʼn muishond, nadat hulle vir meer as 30 jaar nie in Wyoming voortgeplant het nie. Wetenskaplikes het gemeen die swartvoetfret het uitgesterf, totdat ʼn hond in Meeteetse, Wyoming, met ʼn dooie fret opgedaag het. Foto: AP Photo/David Zalubowski, File/ wire.africannewsagency.com

Pehman Yarahmadi van Iran (onder) kom te staan teen Jordan Burroughs van die VSA in ʼn 74 kg-stoeigeveg tydens die “Beat the Streets”-stoeitoernooi in New York, VSA. Foto: AP Photo/Julie Jacobson/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.