Die wêreld in foto’s – 26 Julie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Reuven Rivlin, die Israeliese president, gaan Donderdag die erewag na tydens sy aankoms by die Serwiese paleis vir sy ontmoeting met sy Serwiese eweknie, Aleksandar Vucic, in Belgrado, Serwië. Rivlin is op ’n dag lange amptelike besoek aan Serwië. (Foto: Darko Vojinovic, AP)

’n Vrou loop Donderdag met haar besittings verby onlangs gesloopte huise naby ’n residensiële wolkekrabber in Beijing. Dié Chinese hoofstad het die afgelope dekades spoedige herontwikkeling ondergaan wat voormalige inwoners uit die middestad gedryf het om plek te maak vir kommersiële ontwikkeling van die stad se toerisme en kleinhandel. (Foto: Andy Wong, AP)

Die Franse president, Emmanuel Macron, groet mense tydens sy besoek by die Pic du Midi in die Pireneë-berg by La Mongie in Bagneres-de-Bigorre, Frankryk. (Foto: Regis Duvignau, AP)

Nederland se Robert Gesink daag Donderdag op vir die begin van die agtiende ronde van die Tour de France-fietswedren. Dié ronde strek oor 171 kilometer, met die begin daarvan in Trie-sur-Baise en die einde in Pau, Frankryk. (Foto: Peter Dejong, AP)

’n Europese bruinbeer geniet Donderdag ’n lafenis in die swembad by die ZSL Whipsnade-dieretuin in Dunstable, Engeland. Temperature sal na verwagting Donderdag tot sowat 35°C styg, aangesien die hittegolf in Brittanje voortduur. (Foto: Andrew Matthews, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.