Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reddingswerkers help inwoners in die Xiangxi-nedersetting in Lanxi City in China waar aanhoudende reën oorstromings veroorsaak het. Meer as 8 000 inwoners moes noodgedwonge die gebied ontruim. (Foto: Xinhua/Weng Xinyang

Dwelms waarop daar beslag gelê is, word op die internasionale dag teen dwelmmisbruik in Yangon, Mianmar, verbrand. (Foto: Xinhua/U Aung

Betogers gooi ʼn traangasdop na polisiebeamptes tydens ʼn betoging in Srinagar, Indië. Die polisiebeamptes het traangas en windbukse gebruik om betogers, wat teen die regering betoog, uiteen te jaag. (Foto: AP Foto/Mukhtar Khan)

Werkers verwyder materiaal waarmee ʼn woonstel in Manchester bedek is. Meer as 60 woonstelblokke in Brittanje het nie aan die vereistes van brandveiligheidstoetse voldoen wat na afloop van ʼn verwoestende brand in Londen op talle geboue uitgevoer is nie. (Foto: Peter Byrne/PA via AP)

Moslems tydens Eid al-Fitr-gebede ter afsluiting van die heilige maand Ramadaan in die suidelike Pakistanse hawestad, Karachi. (Foto: Xinhua/Masroor)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.