Die wêreld in foto’s – 26 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Polisielid neem ’n selfie op sy selfoon van narkotiese middels wat verbrand word nadat polisie op dwelms beslag gelê het in die buitewyke van Yangon, Mianmar. Mianmar het Dinsdag oor die $180 miljoen se dwelms verbrand ter ere van die internasionale dag teen dwelmmisbruik en die onwettige handel daarvan. (Foto: Thein Zaw, AP)

’n Polisiebeampte wys Dinsdag ’n vuurwapen wat in ’n skietery in Hongkong gebruik is. Volgens Hongkongse media is vier mense beseer in ’n ongewone voorval van vuurwapengeweld in dié Chinese gebied. (Foto: Kin Cheung, AP)

Die kat Achilles, een van die State Hermitage Museum se muisjagters, kies Nigerië tydens ’n poging om die uitslag van die groep D-wedstryd tussen Nigerië en Argentinië te voorspel tydens die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in St. Petersburg, Rusland. Drie vorige “voorspellings” van dié kat was al korrek. (Foto: Lovetsky, AP)

Rohingya-vlugtelingkinders soek Dinsdag deur ’n hoop vullis vir enige eetbare stukkies piesang in die Jamtoli-vlugtelingkamp in Bangladesj. (Foto: Wong Maye-E, AP)

Victor, die ysbeer, geniet ’n lafenis by die Yorkshire Wildlife Park in Doncaster, Engeland. Daar word voorspel dat temperature in die komende dae in dié land sal styg. (Foto: Danny Lawson, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.