Die wêreld in foto’s – 26 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Vrou neem ʼn foto van die kersiebloeisels by Chidorigafuchi in Tokio. Met die huidige lenteweer in Tokio staan die beroemde kersiebome vol in blom in die Japanse hoofstad. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Egiptiese mans waai landsvlae terwyl hulle in ’n ry wag om te stem gedurende die eerste dag van die presidensiële verkiesing in Kaïro. Egiptiese burgers het Maandag by die stembusse aangemeld. Dié verkiesing gaan hierdie keer egter nie oor wie wen nie, aangesien dit ʼn uitgemaakte saak is. Die kwessie is eerder hoeveel kiesers die moeite gaan doen om te stem. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

Jean-Yves le Drian, die Franse minister van buitelandse sake, besoek Maandag die “Saal van name” by die Yad Vashem-menseslagtinggedenkteken in Jerusalem, Israel. (Foto: Sebastian Scheiner, AP)

Deng Hanwen van China word geduik tydens ’n wedstryd tussen China en die Tsjeggiese Republiek in die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Nanning, die hoofstad van Suid-China se Guangxi Zhuang-streek. (Foto: Cao Can, Xinhua)

Mense lê Maandag blomme neer vir slagoffers van ʼn brand in ʼn winkelsentrum in die Siberiese stad Kemerovo, sowat 3 000 km oos van Moskou in Rusland. Volgens Russiese amptenare het dié brand meer as 50 lewens geëis. Die Ekho Mosvky-radiostasie het getuies aangehaal wat gesê het dat die brandalarm nie afgegaan het nie en dat die personeel in die winkelsentrum nie met die ontruiming gehelp het nie. (Foto: AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.