Die wêreld in foto’s – 26 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het plekke wêreldwyd in spookdorpe verander. Só lyk dié antieke wonderland wat die Nuwe Testament in herinnering roep.

ʼn Palestynse man loop verby die Rotskoepel in Jerusalem. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Enkele Jode bid by die Westelike Muur in Jerusalem. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

ʼn Man staan in die verlate Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

ʼn Priester sit in ʼn leë plein voor die Kerk van die Heilige Graf. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

ʼn Vrou bid voor die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem, waar Jesus Christus glo begrawe is. Sedert die uitbreking van Covid-19 het daaglikse lewe in Israel grotendeels tot ʼn stilstand gekom. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.