Die wêreld in foto’s – 26 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Te midde hiervan is die jaarlikse openbare gedenkdagvieringe by militêre begraafplase in die VSA gekanselleer. Naasbestaandes het egter steeds hul geliefdes op dié dag herdenk.

Só word Amerikaanse militêre personeel se afsterwe herdenk.

ʼn Vrou sit tussen grafstene by die Fort Sam Houston- nasionale begraafplaas in San Antonio, Texas. (Foto: Eric Gay, AP)

ʼn Man besoek die Los Angeles- nasionale begraafplaas in Los Angeles. (Foto: Jae C. Hong, AP)

ʼn Amerikaanse vlag op die grafsteen van Nenad Nikolic, ʼn weermagspesialis, by die Sacramento-vallei- nasionale begraafplaas in Dixon, Kalifornië. (Foto: Rich Pedroncelli, AP)

ʼn Amerikaanse vlag op ʼn veteraan se grafsteen by die Sacramento-vallei- nasionale begraafplaas in Dixon, Kalifornië. (Foto: Rich Pedroncelli, AP)

ʼn Kind sit ʼn roos by ʼn soldaat se grafsteen by die Los Angeles- nasionale begraafplaas in Los Angeles. (Foto: Richard Vogel, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.