Die wêreld in foto’s – 26 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Hond by die CACIB Zagreb- internasionale hondeskou in Zagreb, Kroasië. Dié hondeskou word van 23 tot 25 November in Zagreb aangebied. (Foto: Sandra Simunovic, Xinhua)

ʼn Fietsryer ry Maandag verby ʼn laning bome tussen Grünau en Rückmarsdorf in die Leipzig-omgewing in Duitsland. (Foto: Jan Woitas, AP)

ʼn Boot vaar op die Nyl tydens sonsondergang in Luxor, Egipte. (Foto: Ahmed Gomaa, Xinhua)

Die uitsig oor die Nianjia-meer by Martyrpark in Changsha, sentrale China se Hunan-provinsie. (Foto: Li Ga, Xinhua)

Honderde vrywilligers, vergesel deur die regse paramilitêre Azov Nasionale Korps, brand fakkels tydens ʼn saamtrek buite die Oekraïense parlement in Kiev, Oekraïne. (Foto: Efrem Lukatsky, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Naomi ·

Kan enige iemand deelneem aan die foto’s wat geplaas word? Wat is die prosedure?

Tania Heyns ·

Dagsê Naomi

Ons gebruik foto’s wat ons van internasionale nuuswebwerwe ontvang – dit is foto’s wat spesifieke nuusgebeure in die res van die wêreld uitbeeld. As jy dalk ‘n nuusfoto (van hoë gehalte) geneem het, is jy welkom om die foto en die beskrywing daarvan per e-pos aan te stuur na [email protected]. Hou asseblief in gedagte dat ons die nuuswaarde van die foto in gedagte sal hou wanneer ons bepaal of ons dalk die foto kan gebruik.

Dankie!

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.