Die wêreld in foto’s – 26 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto (2)

Rusland neem deel aan gesprekke by ʼn noodvergadering in New York. Verskeie lande het bymekaargekom om die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad te spreek oor die situasie in Sirië. Foto: (Xinhua/Li Muzi) (lrz)

wêreld-foto

ʼn Su-30-vegvliegtuig en H-6K-bomwerper, van China se lugmag, vlieg saam tydens ʼn oefensessie naby die Oos-Chinese see. ʼn Woordvoerder van Japan se regering het China gewaarsku teen militêre aktiwiteite naby ʼn area wat albei lande as hul eie beskou, nadat agt Chinese vegvliegtuie Sondag naby die gebied gevlieg het. Foto: AP/Ariana Cubillos

wêreld-foto

Arnold Palmer trek sy groen baadjie aan met die hulp van Jack Nicklaus nadat hy die Masters Gholf-kampioenskap gewen het. Dié foto is in 1964 geneem en bring hulde aan “The King”, wat op 25 September in die ouderdom van 87 jaar oorlede is. Foto: AP Photo/File

wêreld-foto

Li Keqiang, premier van China, groet Kuba se voormalige leier, Fidel Castro, tydens sy tweedaagse besoek aan Kuba. Foto: AP/Alex Castro

wêreld-foto

ʼn Meisie sit en skryf op ʼn sypaadjie in Cartagena, Colombia. Colombia se regering het ʼn vredesooreenkoms met die Revolutionary Armed Forces of Colombia gesluit, wat 50 jaar se konflik tot ʼn einde bring. Foto: AP/Ariana Cubillos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.