Die wêreld in foto’s – 26 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Xi Jinping, die Chinese president, besoek ʼn plaas in Jiansanjiang in die Heilongjiang-provinsie in die noordooste van China. Xi was op ʼn toer van die streek te midde van die handelsoorlog met Amerika waar albei lande wedersydse tariewe op mekaar se goedere hef. (Foto: Wang Ye, AP)

ʼn Model dra Woensdag ʼn skepping van Maison Margiela se 2019-lente/somerreeks in Parys, Frankryk. (Foto: Thibault Camus, AP)

Ondersteuners van die Kommunistiese Party hou Woensdag vlae omhoog tydens ʼn betoging in Moskou, Rusland, teen die regering se planne om die aftree-ouderdom met vyf jaar te verhoog. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Europa se Ian Poulter Woensdag in aksie tydens ʼn oefenronde vir die 2018-Ryderbeker in Saint-Quentin-en-Yvelines buite Parys, Frankryk. Die 42ste Ryderbeker word van 28 tot 30 September gehou. (Foto: Laurent Cipriani, AP)

Besoekers loop Woensdag deur die Aston Norwood-tuin in Wellington, Nieu-Seeland. Wellington beleef al hoe lekkerder weer namate die lente nader kom. (Foto: Guo Lei, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HARTSEER ·

WENS ONS PARKE WAS SO MOOI EN SKOON SOOS DIE IN NZ. DAN KAN ONS OOK DIE NADERE LENTE EN SOMER WEER GENIET IN DIE NATUUR SONDER OM BANG EN OP JOU HOEDE TE WEES VIR BOOSDOENERS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.