Die wêreld in foto’s – 26 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Diego Fagundez van New England Revolution in aksie teen Brad Knighton van die Portland Timbers in die MLS-sokkerwedstryd in Portland, Oregon. (Foto: Sean Meagher, AP)

ʼn Gevlekte lanternvlieg in die wingerde in Kutztown, Pennsylvania. Dié vlieë is geïdentifiseer as ʼn ernstige plaag sedert die teenwoordigheid van dié vlieë vyf jaar gelede deur die federale regering in die suidooste van Pennsylvania bevestig is. (Foto: Matt Rourke, AP)

Die Russiese vistreiler Bukhta Naezdnik in vlamme gehul in die Tromso-hawe in Noorweë. (Foto: Rune Stoltz Bertinussen, AP)

Braam Steyn druk ʼn drie vir Italië in die groep B-wedstryd teen Kanada in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Fukuoka in die weste van Japan. (Foto: Miyuki Saito, AP)

Modelle in uitrustings van die Manish Arora-pasklaar Lente-Somer 2020-versameling op die modeweek in Parys. (Foto: Vianney Le Caer, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Julie Jansen van Rensburg ·

Daardie insek wat as ‘n lanternvlieg bestempel word is nogal besonders mooi – buitengegewoon – maar wat my ook laat wonder of dit dalk een of ander tyd ook in ons wingerde te lande sal kom –

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.