Waarskuwing: Die volgende grafiese inhoud kan sensitiewe lesers ontstel.
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die Covid-19-pandemie het modderstortings weens swaar reënval 150 lewens in die noorde en ooste van Afghanistan geëis.
Volgens regeringsamptenare werk reddingspanne oortyd om oorlewendes onder die modder en puin van ineengestorte huise te soek.

ʼn Man en sy kind sit op die dak van hul huis wat deur ʼn modderstorting beskadig is in die Parwan-provinsie, noord van Kaboel in Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)

Die hand van ʼn kind wat omgekom het tydens modderstortings in die Parwan-provinsie, noord van Kaboel in Afghanistan. (Foto: Rahmat Gul, AP)

ʼn Huis is beskadig na swaar reënval oorstromings en modderstortings in die omgewing veroorsaak het. (Foto: Rahmat Gul, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Bitter tragies.
Hartverskeurend.