Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Koningin Maxima van Nederland praat met Le Minh Hung, hoof van die Viëtnamese staatsbank, in Hanoi. Die koningin is op ʼn drie dae lange besoek aan Viëtnam. (AP Foto/Tran Van Minh)

ʼn Brug word tydens ʼn beheerde ontploffing in die stad Changchun in China opgeblaas. Die pilare is bewaar en ʼn nuwe brug sal in die volgende vyf maande gebou word. (Xinhua/Zhang Nan)

Minstens 64 mense is dood en meer as 300 beseer in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afghanistan. (Xinhua/Rahmat Alizadah)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hoekom staan daar 27 Februarie wanneer dit op 31 Mei gepubliseer is?