Die wêreld in foto’s – 31 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Koningin Maxima van Nederland praat met Le Minh Hung, hoof van die Viëtnamese staatsbank, in Hanoi. Die koningin is op ʼn drie dae lange besoek aan Viëtnam. (AP Foto/Tran Van Minh)

ʼn Brug word tydens ʼn beheerde ontploffing in die stad Changchun in China opgeblaas. Die pilare is bewaar en ʼn nuwe brug sal in die volgende vyf maande gebou word. (Xinhua/Zhang Nan)

Minstens 64 mense is dood en meer as 300 beseer in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afghanistan. (Xinhua/Rahmat Alizadah)

Die foto wat deur die lugmag in Sri Lanka verskaf is, wys ʼn gedeelte van ʼn berg wat deur ʼn modderstorting vernietig is. Die dodetal ná die afgelope naweek se vloede en modderstortings het tot meer as 200 gestyg. (Sri Lanka-lugmag via AP)

Philipp Ochs, ʼn sokkerspeler van Duitsland, vier sy doel teen Zambië tydens die o.20-Wêreldbekertoernooi in Suid-Korea. (Park Ji-ho/Yonhap via AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sulet ·

Hoekom staan daar 27 Februarie wanneer dit op 31 Mei gepubliseer is?

Landi Slatter ·

Dagsê Sulet,

Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.