Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Ma hou haar baba, wat nege maande oud is en aan wanvoeding ly, vas by ʼn voedingskamp in Somalië. Talle mense het uit desperaatheid na die kamp gevlug op soek na kos weens die droogte wat die gebied tans beleef. Foto: Farah Abdi Warsameh,AP

ʼn Mark in Mogadishu is in stof en as gelaat ná ʼn brand deur Somalië se hoofstad getrek het. Hewige wind het die brand vererger. Foto: Farah Abdi Warsameh, AP

36 Spanne neem deel aan die “draakbootresies” tydens ʼn tradisionele fees in China se Hainan-provinsie. Foto: Guo Cheng, Xinhua
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dis hartverskeurend! Arme kindertjies van Somalië! Ek het regtig nie geweet nie! Mag God hulle voorsien, ek kan nie wag om ook te help nie.
Ons kan hierdie kindertjies help deur http://www.unicef.org
Selfs ‘n klein donasie kan baie word as baie mense dit gee. Kom ons Maroela lesers skenk R100 aan Unicef vandag. Vir die mense wat weet hoe dit voel om nie drinkwater te hê nie, en nie water aan hul kindertjies kan gee nie.
Die fotos beeld so duidelik ons wereld uit.. aan die een kant ‘n verhongerde baba, mense in as, en aan die ander kant die helder feesgangers. Ons moet uitreik, mense!