Die wêreld in foto’s – 27 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Klein skaapkudde wei in ’n veld naby Tel Aviv, Israel. (Foto: Oded Balilty, AP)

Mense drom saam buite die Ramses-treinstasie in Kaïro, Egipte. ’n Egiptiese mediese beampte het gesê 20 mense is dood en talle beseer toe ’n massiewe brand by dié hooftreinstasie in Kaïro uitgebreek het. Die hoof van die Kaïro Railroad-hospitaal, Mohammed Said, het gesê die dodetal sal na verwagting verder styg. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

’n Swaan op die Marie-Louise-plein in Brussel, België. Volgens die Belgiese koninklike meteorologiese instituut was die hoogste temperatuur vir Februarie in Brussel onlangs 19 °C. (Foto: Zhang Cheng, Xinhua)

Modelle in skeppings wat deel is van Lanvin se pasklaar herfs/winter 2019-2020- versameling tydens ʼn vertoning in Parys. (Foto: Christophe Ena, AP)

’n Man loop in Seoel, Suid-Korea, verby die gedenkteken van die Koreaanse Oorlog met die name van soldate wat in dié oorlog omgekom het. Die tweede beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, vind op 27 en 28 Februarie in Hanoi plaas. (Foto: Lee Jin-man, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.