Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Edgar Phillips, ʼn afgevaardigde van die Amerikaanse Maagde-Eilande, loop met ʼn haankop om die konvensievloer voordat die tweede dag van die Demokratiese Nasionale Konvensie in Philadelphia, in die VSA begin. Foto: AP Photo/John Locher/ wire.africannewsagency.com

Betogers in Kasjmir skree slagspreuke teen Indië tydens hul protesoptog na die middestad van Srinagar, in die Indies-beheerde Kasjmir, waar hulle deur die Indiese polisiemag voorgekeer is. Owerhede het Dinsdag aandklokreëls in die meeste dele van die Indiese-beheerde Kasjmir se hoofstad na 17 dae laat vaar. Winkels en ondernemings is egter steeds gesluit weens ʼn staking om beswaar te maak teen Indiese heerskappy in die Himalaja-streek. Foto: AP Photo/Dar Yasin/ wire.africannewsagency.com

 ʼn Betoger verbrand ʼn Amerikaanse vlag tydens ʼn optog in Philadelphia, in die VSA, gedurende die tweede dag van die Demokratiese Nasionale Konvensie. Foto: AP Photo/Matt Slocum/ wire.africannewsagency.com

Pelgrims en gelowiges woon die eerste avondmaaldiens van die Werêldjeugdagbyeenkoms in Krakow, Pole, by. Jong mense het Dinsdag saamgedrom in afwagting van Pous Francis se verskyning by die Wêreldjeugdag, ʼn byeenkoms wat deur Katolieke van regoor die wêreld bygewoon word. Foto: AP Photo/Czarek Sokolowski/ wire.africannewsagency.com

Deelnemers kruip onderdeur doringdraad tydens die Hunters and Warriors Challenge in Tianjin, China. Honderde mededingers van 15 provinsies het aan die strawe kompetisie, wat deur ʼn Chinese akademie vir private lyfwagte gereël is, deelgeneem. Foto: Chinatopix via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Indiese man stoot ʼn perdekar vol passasiers deur die reën in Jammu, Indië. Indië se moesonseisoen begin in Junie en eindig in Oktober. Foto: AP Photo/Channi Anand/ wire.africannewsagency.com

Die seilskip Tenacious vaar verby die hawebrug in Sydney in Nieu-Suid-Wallis, Australië na ʼn epiese seereis van nege maande van die Verenigde Koninkryk na Sydney, Australië. Die Tenacious is in 2000 deur ʼn span van 1 500 vrywilligers, van wie baie met gestremdheid leef, gebou en is die grootste werkende houtskip ter wêreld, met maste van 39 m hoog en ʼn algehele lengte van 65 meter. Foto: AP Photo/Rob Griffith/ wire.africannewsagency.com

Die seilskip Tenacious vaar verby die hawebrug in Sydney se hawe in Nieu-Suid-Wallis, Australië na ʼn epiese seereis van nege maande van die Verenigde Koninkryk na Sydney, Australië. Die Tenacious is in 2000 deur ʼn span van 1 500 vrywilligers, van wie baie met gestremdheid leef, gebou ne is die grootste werkende houtskip ter wêreld, met maste van 39 m hoog en ʼn algehele lengte van 65 meter. Foto: AP Photo/Rob Griffith/ wire.africannewsagency.com

Liam Brenes, 4, gebruik ʼn geleende prostetiese been tydens sy witgordelgradering vir karate saam met Louis Auzu in Mission Viejo, Kalifornië. Brenes se prostese is gesteel toe sy gesin Sondag die strand besoek het, maar dit het hom nie gekeer om sy wit gordel te verdien nie. Toe mense van die diefstal gehoor het, het hulle dadelik aangebied om geld te skenk of die prostese te vervang. Foto: Nick Koon/The Orange County Register via AP/ wire.africannewsagency.com

Die wit leeuwelpies Shaira (links) en Jasiri lê sy aan sy nadat hulle hul name by die dieretuin in Maagdenburg, Duitsland ontvang het. Na etlike voorstelle van sowat 8 200 mense, is die name Shaira (“hart se wens”) en Jasiri (“die dapper een”) gekies. Die tweelingwelpies is op 26 April gebore. Foto: Jens Wolf/dpa via AP/ wire.africannewsagency.com

Vuurvliegies skyn in gesinchroniseerde vale tydens hul paringsdans in ʼn ongerepte woud naby die dorp Nanacamilpa in die staat Tlaxcala, Mexiko. Foto: AP Photo/Rebecca Blackwell/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.