Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Noord-Koreaanse soldate besoek Vrydag die Fatherland Liberation War Martyrs-begraafplaas tydens die 65ste herdenking van die wapenstilstand wat die Koreaanse Oorlog beëindig het. Noord-Korea herdenk dié dag as die dag van oorwinning in die Vaderland-bevrydingsoorlog in Pjongjang, Noord-Korea. (Foto: Dita Alangkara, AP)

’n Woud brand naby die A9-snelweg tussen Potsdam en Fichtenwalde in Oos-Duitsland. (Foto: Polizei Brandenbur, AP)

Die Noorweegse bestuurder Mads Ostberg en sy medebestuurder Torstein Eriksen ry Vrydag met hul Citroen C3 WRC tydens die spesiale Assamaki-ronde van die Finse WRC-ren in Jyvaskyla, Finland. (Foto: Markku Ulander, AP)

Oostenryk se Lukas Postlberger, Frankryk se Damien Gaudin en Switserland se Silvan Dillier ry saam in die 19de ronde van die Tour de France-fietswedren wat oor 200,5 km strek en in Lourdes begin en in Laruns, Frankryk, eindig. (Foto: Christophe Ena, AP)

Emmanuel Macron, die Franse president, neem notas gedurende ’n debat saam met die Portugese eerste minister, Antonio Costa, met burgers oor die toekoms van Europa by die Calouste Gulbenkian-stigting in Lissabon. (Foto: Armando Franca, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.