Die wêreld in foto’s – 27 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie bring ʼn onderwyser in Guatemala die klaskamer na sy leerders. Die 27-jarige Gerardo Ixcoy het ʼn driewielfiets in ʼn mobiele klaskamer omskep en gebruik ʼn mop om sy leerders te herinner om ʼn veilige afstand te hou.

Só gee dié onderwyser klas op ʼn driewielfiets.

Gerardo Ixcoy, ʼn onderwyser in Santa Cruz del Quiche in Guatemala, gee ʼn wiskundeklas vanaf sy driewielfiets wat hy in ʼn mobiele klaskamer omskep het. (Foto: Moises Castillo, AP)

ʼn 11-jarige leerder luister terwyl sy onderwyser vanaf ʼn driewielfiets vir hom klas gee buite sy huis in Guatemala. (Foto: Moises Castillo, AP)

Ixcoy op sy tweedehandse driewielfiets wat hy in ʼn mobiele klaskamer omskep het. (Foto: Moises Castillo, AP)

Ixcoy verduidelik vir ʼn 12-jarige leerder wiskundebreuke vanaf sy driewielfiets. (Foto: Moises Castillo, AP)

Ixcoy verduidelik breuke aan een van sy leerders vanaf sy tweedehandse driewielfiets. (Foto: Moises Castillo, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.