Die wêreld in foto’s – 27 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Bill Gates, medestigter van Microsoft, verlaat ʼn vergadering saam met die Franse president, Francois Hollande, by die Élysée-paleis in Parys. Foto: Kamil Zihnioglu/AP via wire.africannewsagency.com

John Kerry, Amerikaanse minister van buitelandse sake, tydens sy vergadering met Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, by die VSA ambassade in Rome, Italië. Foto: Giuseppe Lami/ANSA pool via AP/ wire.africannewsagency.com

Foto’s in die uitstalling “Rebuilding Bungamati” in Nepal. Die uitstalling, wat deur die Kathmandu-universiteit gereël word, sluit foto’s in van die heropbou-proses en die kunswerke in Bungamati met die tema “Onderhoud van kulturele erfenis deur digitale bewaring”. Die dorpie is beskadig tydens ʼn massiewe aardbewing in April 2015. Foto: Xinhua/Sunil Sharma/wire.africannewsagency.com

Vroue bied cheongsam, ʼn tradisionele Chinese rok ook bekend as qipao aan, in die Donghu-park in Zaozhuang-stad in die ooste van China. Foto: Xinhua/Sun Zhongzhe (ry)/ wire.africannewsagency.com

ʼn Motor jaag tydens die “Bosch Moskau Klassik-tydren” in Moskou, die hoofstad van Rusland. Die motorwedren het gister begin en het honderde klassieke motors van die 1910’s tot die 1980’s gelok. Foto: Xinhua/Evgeny Sinitsyn/wire.africannewsagency.com

ʼn Vliegtuig van ʼn Singapoerse lugredery wat op pad was na Milaan moes vanoggend omdraai na Singapoer toe ʼn enjin van die Boeing 777-300ER blykbaar aan die brand geslaan het. Volgens ʼn verklaring van die redery moes die vliegtuig omdraai ná ʼn waarskuwingsein omtrent enjin-olie. Foto: Lee Bee Yee via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Valutahandelaar hou monitors by ʼn buitelandse valuta-handelkamer dop in die KEB Hana Bank se hoofkwartier in Seoel in Suid-Korea. Japanse- en Chinese-aandele het vanoggend gestyg, maar ander Asiese markte het gedaal as gevolg van Brittanje se besluit om die Europese Unie te verlaat. Foto: Ahn Young-joon via AP/ wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van Chile vier die uitslag van die laaste wedstryd teen Argentinië vir Copa America Centenario by die MetLife-stadion in dié land se hoofstad, Santiago. Chile het Argentinië met 4-2 geklop om die kampioenskap te wen. Foto: Esteban Felix via AP/ wire.africannewsagency.com

Iranse Sjiïtiese Moslems besig om te bid in die Behesht-e-Zahra-begraafplaas net buite Tehran, Iran, by die grafte van soldate wat tydens die 1980-88 Iran-Irak-oorlog gesterf het, tydens die heilige maand van Ramadan. Iranse Moslems het deur die nag gebid ter viering van Laylat al-Qadr – die herdenking van die nag toe die profeet Mohammed die eerste openbaring van die Koran deur die engel Gabriel ontvang het. Foto: Ebrahim Noroozi/AP via wire.africannewsagency.com

Die Nederlandse ambassadeur Alphonsus Stoelings (regs) en Luxemburg se chargé d’affaires Laure Huberty (links) terwyl hulle die Indiese mnisterie van buitelandse sake verlaat ná die oorhandiging van lidmaatskap-dokumente aan Indiese minister van buitelandse sake, Subrahmanyam Jaishankar in Nieu-Delhi. Indië is nou deel van ʼn eksklusiewe klub van lande wat uitvoer in missiel-tegnologie beheer. Foto: Manish Swarup via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.