Die wêreld in foto’s – 27 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Orangoetangs neem Dinsdag deel aan die viering van die Singapoer-dieretuin se 44ste verjaardag. Foto: Then Chih Wey, Xinhua

Reddingswerkers Dinsdag met ʼn “gewonde burgerlike” op ʼn draagbaar tydens ʼn oefensessie van die Thaise departement van rampbestuur in die geval van ʼn terreuraanval in Bangkok. Foto: Rachen Sageamsak, Xinhua

Aanvalle deur Isis-militante in die ou gedeelte van Mosul, die laaste Isis-vesting in dié Irakse stad, het volgens die Irakse weermag Dinsdag die pogings van Irakse magte om die ou stad in te neem gefnuik. Foto: Felipe Dana, AP

Een van die Amoer-luiperdwelpies (Panthera pardus orientalis) wat op 22 April in die Leipzig-dieretuin in Duitsland gebore is. Foto: Jens Meyer, AP

Serwië se Novak Djokovic Dinsdag in aksie in die kwarteindstryd teen Vasel Pospisil op die vyfde dag van die Aegon-kampioenskap in Eastbourne, Engeland. Foto: Gareth Fuller, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.