Die wêreld in foto’s – 27 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Westerse laagland-gorilla rus in die skaduwee op ʼn warm en sonnige dag by die Praagse dieretuin in die Tsjeggiese Republiek. (Foto: Petr David Josek, AP)

Die hare van ʼn merrie word mooi opgedoen deur haar eienaars op ʼn stoetplaas in Wehrheim, naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Agent van Geheime Dienste wag vir die aankoms van die Amerikaanse president Donald Trump by Osaka se Internasionale Lughawe in Osaka, Japan. Trump gaan die G20-beraad in dié stad bywoon. (Foto: Jae C Hong, AP)

ʼn Foto wat die Londen-stadion se veld onthul. Die Londen-stadion gaan hierdie naweek sy Europese debuut maak wanneer die New York Yankees die Boston Red Sox gaan aanvat. (Foto: Frank Augstein, AP)

ʼn Lugfoto van tente by die Glastonbury-fees se kampeerterrein by die Worthy-plaas in Somerset, Engeland. Hierdie vyfdaagse kuns- en musiekfees het amptelik afgeskop met duisende mense wat hierdie Somerset-plaas in ‘n stad omskep. (Foto: Aaron Chown, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Sandy

My vraag is hoe kry jy jou tent weer as jy die konserte by Glastonbury bygweoon het en ‘n paar sopies in het