Die wêreld in foto’s – 27 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Kerkgebou in ’n woonbuurt in Beira, Mosambiek, wat deur sikloon Idai beskadig is. Sowat 1,8 miljoen mense in Mosambiek het dringend hulp nodig ná dié sikloon die land getref het. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Japannese keiser, Akihito (links), en keiserin, Michiko, kyk na ʼn kersieboom in Kyoto Gyoen nasionale tuin in Kyoto. (Foto: Yosuke Mizuno, AP)

Washington Wizards se Jabari Parker (links) en Los Angeles Lakers se JaVale McGee (regs) veg om besit van die bal gedurende die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstryd in Los Angeles. Die LA Lakers het ’n oorwinning van 124 – 106 behaal. (Foto: Jae C. Hong, AP)

Mianmese militêre beamptes staan in ’n formasie tydens ’n parade ter herdenking van die 74ste Dag van die Gewapende Magte in Naypyitaw, Mianmar. (Foto: Aung Shine Oo, AP)

Colombiaanse sangeres Shakira (regs) en Carlos Vives (agtergrond) kom by die hof in Madrid, Spanje, aan. Shakira en Vives het ’n Kubaanse sanger en vervaardiger se bewerings oor plagiaat van sy werk in hulle bekroonde musiektreffer “La Bicicleta” betwis. (Foto: AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.