Die wêreld in foto’s – 27 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. Intussen lyk dit of diere en die natuur floreer in die mens se afwesigheid.

Kitoko hang aan sy ma se arm in die Woodland Park-dieretuin in Seattle, VSA. (Foto: Jeremy Dwyer-Lindgren/Woodland Park-dieretuin, AP)

Kitoko, ʼn baba gorilla, rus in sy ma, Uzumma, se arms in die Woodland Park-dieretuin in Seattle, VSA. (Foto: Jeremy Dwyer-Lindgren/Woodland Park-dieretuin, AP)

ʼn Otter wag vir sy middagete in die Woodland Park-dieretuin in Seattle, VSA. (Foto: Elaine Thompson, AP)

Otters wag vir hul middagete in die Woodland Park-dieretuin in Seattle, VSA. (Foto: Elaine Thompson, AP)

Kendi, ʼn drie week oue kameelperd, rus in die Dallas-dieretuin in Texas, VSA. (Foto: Tony Gutierrez, AP)

Kendi lek sy ma, Katie, se nek in die Dallas-dieretuin in Texas, VSA. (Foto: Tony Gutierrez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fae Fubar ·

Dankie, Maroela Media. Elke dag se foto’s word opreg waardeer.

Grassie ·

Daardie twee otters – die een aan die regterkant lyk na regte ou suurknol. Laat my aan ‘n paar mense dink wat ek ken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.